Psalms 74:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het die fontein en die vloed gekloof, magtige riviere laat opdroog.
Afrikaans (NLV) 2011
U laat fonteine en strome vloei, en standhoudende riviere opdroog.
Afrikaans 1933/1953
U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.
Afrikaans 1983
U wat fontein en stroom laat uitbreek het, U wat standhoudende riviere laat opdroog het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het fontein en stroom oopgebreek; U het standhoudende riviere laat opdroog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is U wat fonteine en riviere laat vloei het, dit is U wat riviere laat droog word het waar daar altyd water was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Oor die hele wêreld laat U fonteine en waterstroompies opborrel. U laat groot en sterk riviere ophou vloei as U wil.