Psalms 74:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gee die siel van u tortelduif nie oor aan die menigte van die goddelose nie; vergeet die vergadering van u armes nie vir altyd nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie die lewe van u duiwe aan wilde diere gee nie. Moenie u verdrukte volk vir altyd vergeet nie.
Afrikaans 1933/1953
Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
Afrikaans 1983
Moet tog nie dié wat deur U onderrig is, aan hierdie ondiere uitlewer nie, moet tog nie u verdrukte volk vir goed vergeet nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet tog nie die lewe van u tortelduif aan wilde diere oorgee nie; die lewens van u magteloses – moet dit nie vir ewig vergeet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moenie dat hierdie mense aanhou wen teen u volk nie, hierdie mense wat soos wilde diere is. U moenie u volk wat swak is, vir altyd vergeet nie, u volk wat homself nie kan help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moet ons tog nie in hulle hande laat val nie. Moenie u rug vir ons draai nie. Ons vyande is soos ’n trop wilde diere wat alles verskeur. Onthou tog dat ons in groot moeilikheid is.