Psalms 74:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die verdruktes nie beskaamd terugkom nie; laat die arme en behoeftige u Naam loof.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie dat die verdrukte in skande omdraai nie. Laat die behoeftiges en armes u Naam liewer prys.
Afrikaans 1933/1953
Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
Afrikaans 1983
Moenie dat die verdrukte teleurgestel omdraai nie, red die hulpelose en die arme, laat hulle u Naam prys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat die onderdruktes nie in vernedering terugkeer nie. Die magteloses en behoeftiges sal u Naam loof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moenie die mense laat verloor wat hulleself nie kan beskerm nie. Die mense wat hulleself nie kan help nie en wat niks het nie, wil u Naam prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit gaan sleg met u kinders; ons word verdruk. Moet ons nie nou teleurstel nie. Red ons! Almal wat hulp nodig het, sal U loof vir u goedheid!