Psalms 74:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan op, o God, verdedig U saak; dink aan hoe 'n dwase mens U elke dag smaad.
Afrikaans (NLV) 2011
Staan op, o God, en verdedig u saak. Onthou hoe dwase mense U die hele dag beskuldig.
Afrikaans 1933/1953
Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.
Afrikaans 1983
Kom tog, o God! Laat geld tog u reg. Dink tog daaraan hoe u eer dag vir dag deur barbare geskend word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Staan tog op, o God, verdedig u regsaak! Dink daaraan dat U die hele dag deur dwase gespot word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, U moet kom help, U moet Uself verdedig, want dwase mense hou aan om U te beskuldig en te beledig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Staan op, God! Doen tog wat reg is. Kyk hoe daardie slegte mense u Naam deur die modder sleep. Hulle hou heeltyd daarmee aan.