Psalms 74:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vergeet nie die stem van jou vyande nie: die rumoer van die wat teen jou opstaan, neem voortdurend toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Vergeet nie die geraas van u vyande, die lawaai van u teenstanders wat voortdurend opgaan nie.
Afrikaans 1933/1953
Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!
Afrikaans 1983
Moet dit tog nie ongemerk laat verbygaan nie: die geskreeu van u teëstanders, die aanhoudende rumoer van u vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie die stem van u teenstanders vergeet nie, die rumoer wat voortdurend opklink van hulle wat teen U opstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moenie vergeet wat u vyande gesê het nie, U moenie vergeet hoe die mense wat teen U opstandig is, aangehou skree en raas het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie dat hulle daarmee loskom nie! Onthou hoe u vyande teen U tekere gegaan het. Hulle hou nie op daarmee nie.