Psalms 74:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het in hulle hart gesê: Laat ons hulle saam vernietig: hulle het al die sinagoges van God in die land verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sê vir mekaar: “Laat ons alles vernietig!” Toe verbrand hulle elke plek in die land waar God vereer is.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
Afrikaans 1983
Hulle het vir hulleself gesê: “Ons sal alles vernietig.” En hulle het elke plek van samekoms in die land aan die brand gesteek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het in hulle hart gesê: Ons moet alles gelyktydig vernietig. Hulle het al die ontmoetingsplekke van God in die land verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle wou ons heeltemal breek, hulle het elke plek in die land afgebreek waar God aan mense verskyn het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar daardie slegte mense het gesê: “Wag maar, ons sal hulle in die grond in trap.” Al die plekke dwarsdeur die land waar ons U aanbid, het hulle afgebrand.