Psalms 75:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer ek die vergadering ontvang, sal ek opreg oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons dank U, o God! Ons dank U, want u Naam is by ons. U magtige dade maak dit bekend.
Afrikaans 1933/1953
Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
Afrikaans 1983
Ons loof U, o God, ons loof U; U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons prys U, o God, ons prys U; u Naam is naby. Mense vertel van u wonderwerke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, ons sê vir U dankie, ons sê dankie. U is naby ons, almal praat oor u wonderwerke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons sê vir U uit ons hart uit dankie, o God. Ons loof U, want U is by ons. Oral vertel mense van die wonderlike dinge wat U gedoen het.