Psalms 77:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U weg, o God, is in die heiligdom; wie is so 'n groot God soos ons God?
Afrikaans (NLV) 2011
U dade bly in my gedagtes. Al u werke wil ek bepeins.
Afrikaans 1933/1953
en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
Afrikaans 1983
Ek wil nadink oor al u werk en oor al u dade peins.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal oor al u werke mymerend prewel, oor u handelinge wil ek nadink:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
ek dink aan alles wat U gedoen het, die groot dinge wat U gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My gedagtes het stilgestaan by al u groot werke. Ek kon nie ophou nadink oor alles wat die Here gedoen het nie.