Psalms 77:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wolke het water uitgegiet, die lug het 'n geluid uitgestuur; jou pyle het ook na die buiteland gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die waters U sien, o God, toe hulle U sien, het hulle gebewe, selfs die diepsee het gesidder.
Afrikaans 1933/1953
Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
Afrikaans 1983
Toe die waters U sien, o God, toe die waters U sien, het hulle gebewe, die diep waters het gesidder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, dit het ineengekrimp; ja, die •oerwaters het gesidder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, toe die water vir U sien, toe die water vir U sien, toe het die water gebewe. Die diep water was baie bang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almal wat u kinders in die moeilikheid probeer bring het, bewe, want hulle het u krag leer ken, Here. God, hulle weet dat U die sterkste is.