Psalms 77:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het u volk soos 'n kudde gelei deur die hand van Moses en Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011
U pad loop deur die see, u weg was deur magtige waters, maar u spoor kon niemand sien nie.
Afrikaans 1933/1953
U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie. [ (Psalms 77:21) U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron. ]
Afrikaans 1983
U het deur die see gekom, u weg deur magtige waters gebaan. Niemand het u spoor gesien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Deur die see loop u pad, u weg deur massas water, maar u spore was onherkenbaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het deur die see gekom, U het deur die baie water gestap, niemand het u spore gesien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U krag het groot respek afgedwing. Deur al die gevaar het U u kinders veilig beskerm. Deur die grootste krisis het U hulle gelei. U het dit op u eie manier gedoen. En niemand kon uitvind hoe U dit doen nie.