Psalms 79:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die lyke van u dienaars het hulle gegee as voedsel vir die voëls van die hemel, die vlees van u heiliges vir die diere van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het die lyke van u dienaars vir die voëls gegee om te vreet, die vleis van u getroues was kos vir wilde diere.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
Afrikaans 1983
Hulle het die lyke van u dienaars aan die voëls gegee om te vreet, die vleis van u troue dienaars aan die wilde diere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het die lyke van u diensknegte vir die voëls van die hemel as kos gegee, die vleis van u getroue volgelinge vir die wilde diere van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het die lyke van u dienaars, die liggame van die mense wat in U glo, vir die voëls en die wilde diere gegee om te vreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het u kinders doodgemaak en net so laat lê. Die voëls en roofdiere het hulle kom opvreet. U kinders is by die hope doodgemaak sonder dat hulle begrawe is.