Psalms 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat is die mens, dat U aan hom dink? en die mensekind, dat U hom besoek?
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het,
Afrikaans 1933/1953
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --
Afrikaans 1983
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer ek na u hemelruim kyk, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U gevestig het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak. Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om?