Psalms 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Alle skape en beeste, ja, en die diere van die veld;
Afrikaans (NLV) 2011
U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge:
Afrikaans 1933/1953
U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
Afrikaans 1983
U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U laat hom heers oor die werk van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het. U het gesê hy is die hoof oor alles:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het.