Psalms 80:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het 'n wingerdstok uit Egipte uitgelei, die nasies uitgedryf en dit geplant.
Afrikaans (NLV) 2011
God Almagtig, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.
Afrikaans 1933/1953
o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
Afrikaans 1983
Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
O God, Heerser oor alle magte, herstel ons; laat skyn die lig van u aangesig, sodat ons verlos kan word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, U wat oor alles regeer, U moet dit weer goed laat gaan met ons, U moet genadig wees en U moet ons red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almagtige God, U is die groot Bevelvoerder. Sit ons tog weer op die wenpad. Help ons! Laat dit weer met ons goed gaan.