Psalms 83:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het listige raad gehou teen u volk en beraadslaag teen u verborges.
Afrikaans (NLV) 2011
Luister na die rumoer van u vyande! U haters het hulle teen U verset.
Afrikaans 1933/1953
Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
Afrikaans 1983
Kyk hoe gaan u vyande teen U te kere, hoe verset u teëstanders hulle teen U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want kyk, u vyande is rumoerig, u haters loop kop omhoog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want luister, u vyande raas, die volke wat nie vir U wil dien nie, dink hulle kan doen wat hulle wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk net hoe gaan die ongelowiges te kere. Hulle wat niks van U dink nie, dink baie van hulleself. En hulle verset hulle teen U.