Psalms 83:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het gesê: Kom, laat ons hulle uitroei om 'n nasie te wees; sodat die naam van Israel nie meer in gedagtenis mag wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle smee komplotte teen u volk, hulle maak planne teen hulle vir wie U beskerm.
Afrikaans 1933/1953
Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
Afrikaans 1983
Teen u volk smee hulle komplotte in die geheim, hulle sweer saam teen dié wat onder u beskerming staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Teen u volk maak hulle listig planne, hulle beraadslaag teen dié wat deur U beskerm word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle maak slim planne teen u volk, hulle praat oor wat hulle wil doen teen die mense vir wie U beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle praat agteraf oor u kinders. Hulle maak planne teen mense vir wie U beskerm.