Psalms 86:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verbly die siel van U kneg, want tot U, HERE, hef ek my siel op.
Afrikaans (NLV) 2011
Gee tog vir my blydskap, want na U is my verlange, Here.
Afrikaans 1933/1953
Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.
Afrikaans 1983
Maak my bly, Here, ek hunker na U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maak die hart van u dienskneg bly, want na U, my Heer, hunker ek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet my, u dienaar, bly maak, want dit is tot Ú wat ek bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maak my weer bly, want my hele lewe draai om U, Here. Ek dien U. En ek wens heeldag dat U by my is.