Psalms 86:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want U, HERE, is goed en bereid om te vergewe; en oorvloedig in barmhartigheid vir almal wat U aanroep.
Afrikaans (NLV) 2011
U is waarlik goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek.
Afrikaans 1933/1953
Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
Afrikaans 1983
U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, my Heer, is immers goed en vergewensgesind, en oorvloedig in troue liefde teenoor almal wat na U roep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want U is goed, my Here, U vergewe en U doen alles wat U belowe het vir al die mense wat tot U bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U is goed vir al u kinders wat tot U bid. U vergewe maklik. U het u kinders baie lief. As hulle na U roep om hulle te help, antwoord U gou.