Psalms 86:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op die dag van my benoudheid sal ek U aanroep, want U sal my antwoord.
Afrikaans (NLV) 2011
In tye wanneer ek in nood is, sal ek U aanroep, want U sal my antwoord.
Afrikaans 1933/1953
In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
Afrikaans 1983
Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die tyd van my nood roep ek na U, want U antwoord my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer dit sleg gaan met my, dan bid ek tot U, want U sal my antwoord.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek weet as ek die dag in ’n groot krisis is, kan ek maar net tot U bid, want U antwoord my.