Psalms 88:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het my daagliks soos water omring; hulle het my saam omsingel.
Afrikaans (NLV) 2011
U toorn het my oorweldig; u verskrikking het my vernietig.
Afrikaans 1933/1953
U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
Afrikaans 1983
U toorn rus op my, U tref my met skrik en vernietig my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor my het die gloed van u toorn gebreek, u verskrikkinge vernietig my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U is kwaad vir my, en dit maak my moedeloos. U het my swaar gestraf, ek kan nie daaroor praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het met u woede op my afgekom. Dit maak my baie bang. U vernietig my lewe.