Psalms 89:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het 'n magtige arm: sterk is U hand, en hoog is U regterhand.
Afrikaans (NLV) 2011
U het noord en suid gemaak, Tabor en Hermon prys u Naam.
Afrikaans 1933/1953
Die noorde en die suide -- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.
Afrikaans 1983
Die noorde en die suide, U het dit geskep; Tabor en Hermonberg roem u Naam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die noorde en die suide – U, U het dit geskep. Tabor en Hermon jubel in u Naam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het besluit waar die noorde en die suide moet wees, Tabor-berg en Hermon-berg juig omdat hulle U ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die hoogste berge het U gevorm, daar kan ’n mens sien hoe groot U regtig is.