Psalms 89:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In u Naam sal hulle die hele dag bly wees, en in U geregtigheid sal hulle verhewe wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Geseënd is hulle wat U met vreugde dien, wat lewe in die lig van u teenwoordigheid, Here.
Afrikaans 1933/1953
Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Afrikaans 1983
Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gelukkig is die volk wat uitroepe van vreugde ken, wat in die lig van u teenwoordigheid loop, Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, dit gaan goed met 'n volk wat weet hoe om vir U te juig en wat naby U kan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense is gelukkig wat liedere vir U kan sing, wat in u teenwoordigheid mag leef.