Psalms 89:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het die verbond van U kneg tot niet gemaak; U het sy kroon ontheilig deur dit op die grond te gooi.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar U het hom verwerp en verstoot. U was kwaad vir u gesalfde.
Afrikaans 1933/1953
Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.
Afrikaans 1983
Maar nou het U in u toorn tog u gesalfde verstoot en verwerp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar U self het hom verstoot en verwerp, U was woedend vir u gesalfde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar, Here, U is nou kwaad vir u gesalfde, U het hom weggestoot, U het hom gelos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar U het tog kwaad geword vir die een wat U as koning aangestel het. U het hom nou alleen gelaat.