Psalms 89:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
HERE, waar is U vorige goedertierenhede wat U aan Dawid in U waarheid beloof het?
Afrikaans (NLV) 2011
Watter mens kan lewe sonder om die dood te sien? Wie kan homself red uit die mag van die doderyk? Sela
Afrikaans 1933/1953
Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.
Afrikaans 1983
Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat homself kan red uit die mag van die doderyk? Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Watter jong man leef en sien nie die dood nie; wie kan sy lewe aan die mag van die •doderyk laat ontkom?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Watter mens wat lewe, sal nie sterf nie? Niemand. Watter mens kan homself vrymaak van die dood? Niemand. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie sal die dood kan vryspring? Wie kan homself van die dood red?