Psalms 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; in die net wat hulle weggesteek het, is hulle eie voet gevat.
Afrikaans (NLV) 2011
sodat ek u dade bekend kan maak, U kan prys in die poorte van Sion, en kan jubel omdat U my gered het.
Afrikaans 1933/1953
sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
Afrikaans 1983
Dan kan ek van al u roemryke dade vertel, in die poorte van Sion kan ek juig oor die uitkoms wat U gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat ek van al u lofwaardige dade kan vertel in die poorte van die dogter van Sion. Ek wil juig oor die verlossing wat U bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal ek kan vertel van die wonderlike dinge wat U gedoen het, dan kan ek in die poorte van Jerusalem juig omdat U my gered het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Help my asseblief, Here, sodat ek oor u wonderlike dade kan praat. Almal moet daarvan weet. By u woonplek sal ek vertel dat U my gered het. En ek sal bly wees.