Psalms 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer my vyande teruggekeer word, sal hulle val en voor u aangesig omkom.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal juig in die vreugde wat U gee. Ek sal u Naam prys, o Allerhoogste.
Afrikaans 1933/1953
In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
Afrikaans 1983
Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil bly wees en my in U verheug; ek wil u Naam besing, Allerhoogste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hoogste God, ek wil vrolik en bly wees oor U, ek wil sing om u Naam te eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is bly oor U! Ek juig oor wat U gedoen het. Allerhoogste God, ek sal liedere sing om U te eer.