Psalms 90:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie ken die krag van U toorn? ook volgens jou vrees, so is jou toorn.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie ken die krag van u toorn? Wie ken die vrees van u woede?
Afrikaans 1933/1953
Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
Afrikaans 1983
Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars? Wie ken u gramskap beter?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wie ken die krag van u toorn? U gramskap is net so groot soos die ontsag vir U.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Niemand weet wat U alles kan doen wanneer U kwaad is nie. Ons is bang vir U wanneer U kwaad is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, ons het ervaar hoe kwaad U vir ons kan word. Wie weet beter as ons hoe groot U woede is. Ons dien U nie soos U regtig verdien nie. Ons skiet ver te kort.