Psalms 90:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U bring die mens tot vernietiging; en sê: Keer terug, mensekinders!
Afrikaans (NLV) 2011
U laat mense weer terugkeer tot stof, en sê: “Keer terug, mensekinders!”
Afrikaans 1933/1953
U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
Afrikaans 1983
U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U laat sterflinge terugkeer tot stof; U sê net: “Keer terug, mensekinders!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U laat die mens sterf sodat hy weer stof word, U sê: “Mens, jy moet teruggaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U laat toe dat die mens doodgaan. U sê: “Mens, word weer stof waaruit jy gemaak is.” En so keer die mens terug na die grond toe waaruit U hom gemaak het. Die mens se lewe gaan baie gou verby.