Psalms 92:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar my horing sal jy verhef soos die horing van 'n eenhoring: ek sal met vars olie gesalf word.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar u vyande, Here, u vyande sal sekerlik vergaan. Alle boosdoeners sal verstrooi word.
Afrikaans 1933/1953
Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
Afrikaans 1983
en dit staan vas: u vyande sal uitgedelg word, Here, almal wat onreg doen, sal vernietig word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, kyk, u vyande, Here, ja, kyk, u vyande gaan ten gronde; dié wat onreg pleeg, word verstrooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Here, ek weet u vyande sal verdwyn, ja, ek weet hulle sal verdwyn, U sal almal wat slegte dinge doen, wegjaag na al die kante toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U sal altyd die Here wees, maak nie saak wat mense sê of doen nie. Al die slegte mense sal die een of ander tyd verdwyn.