Psalms 94:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
sodat U hom rus kan gee van die dae van benoudheid totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
Afrikaans (NLV) 2011
U gee hom verligting in moeilike tye, maar vir die goddelose wag ’n graf.
Afrikaans 1933/1953
om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
Afrikaans 1983
en vir wie U rus gee na tye van teëspoed. Maar vir die goddelose word die graf reeds gegrawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om aan hom verligting te gee in dae van onheil, totdat 'n graf gegrawe is vir goddeloses.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U laat hom vry wegkom wanneer dit sleg gaan, maar U maak 'n graf gereed vir die mense wat verkeerd doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U sal vir hulle uitkoms gee as teëspoed hulle getref het. Maar hulle wat weier om U te dien se dood kruip stadig nader.