Psalms 94:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die HERE is my beskutting; en my God is die rots van my toevlug.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die Here is my toevlug; my God is ’n rots waar ek kan skuil.
Afrikaans 1933/1953
Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
Afrikaans 1983
Maar vir my is die Here 'n veilige vesting, my God is die rots waar ek kan skuil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Here het vir my 'n toevlugsoord geword, my God het my rotsskuiling geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here het my beskerm. My God is die Rots by wie ek veilig is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Here pas my goed op. Hy is my God. Hy beskerm my en help my.