Psalms 99:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die krag van die koning is ook lief vir oordeel; U vestig regverdigheid, U doen reg en geregtigheid in Jakob.
Afrikaans (NLV) 2011
U is die magtige koning wat die reg liefhet. U het opregtheid gevestig, en reg en geregtigheid in Jakob.
Afrikaans 1933/1953
Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.
Afrikaans 1983
U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en die krag van die Koning, Hy wat die reg liefhet. Dit is U wat billikheid, reg en geregtigheid gevestig het in Jakob; U het dit gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U is die sterk Koning, U wil hê dat mense reg moet oordeel. U het gesê hulle moet in die land Israel reg doen aan almal. Hulle moet reg oordeel en hulle moet reg doen aan ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U is sterk en heers oor alles; U doen net wat reg is. Die grense van wat billik is, het U getrek. Deur die geskiedenis het U gewys wat reg en verkeerd is.