Revelation 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek was in die Gees op die dag van die Here en het agter my 'n groot stem gehoor soos van 'n basuin,
Afrikaans (NLV) 2011
Op die Dag van die Here was ek in die greep van die Gees en het reg agter my ’n harde stem, soos ’n trompet, hoor
Afrikaans 1933/1953
Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin, wat sê:
Afrikaans 1983
Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my, so hard soos die geluid van 'n trompet, 'n stem hoor
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die dag van die Here het die Gees van my besit geneem, en het ek agter my 'n harde stem, soos dié van 'n basuin, gehoor
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Gees het op die dag van die Here in my gekom, en ek het gehoor Iemand praat hard agter my, so hard soos 'n trompet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een Sondag het die Heilige Gees weer kragtig in my gewerk. Ek hoor toe ’n verskriklik harde stem agter my praat; dit was byna of iemand met ’n trompet hier naby my oor blaas om my aandag te trek.