Revelation 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het omgedraai om die stem te sien wat met my gespreek het. En toe ek my omgedraai het, het ek sewe goue kandelaars gesien;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het toe omgedraai om te sien wie se stem dit is wat met my praat. Nadat ek omgedraai het, het ek sewe goue kandelare gesien
Afrikaans 1933/1953
Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
Afrikaans 1983
Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het omgedraai om te sien wie se stem dit is wat met my praat. Toe ek omdraai, het ek sewe goue kandelare gesien,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het omgedraai om te sien wie praat met my. Toe ek omdraai, sien ek sewe goue lampe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek draai toe versigtig om om te sien wie so met my praat. Met die omdraai val my oog op sewe kandelare. Hulle was baie werd, want hulle was van goud gemaak. Hierdie kandelare, sou ek agterkom, is eintlik die sewe gemeentes aan wie ek skryf.