Revelation 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En tussen die sewe kandelaars een soos die Seun van die mens, bekleed met 'n kleed tot op die voet, en omgord om die pappe met 'n goue gordel.
Afrikaans (NLV) 2011
en in die middel van die kandelare Iemand soos die Seun van die Mens. Hy het ’n kleed aangehad wat tot op sy voete gehang het en ’n goue band was om sy bors vasgemaak.
Afrikaans 1933/1953
en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
Afrikaans 1983
en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het 'n lang kleed aangehad en 'n goue band om sy bors gedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en in die middel van die kandelare, iemand net soos die •Seun van die Mens. Hy het 'n kleed wat tot op die voete hang, gedra, met 'n goue band wat om sy bors vasgebind was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gesien tussen die lampe is daar Iemand wat soos die Seun van die mens gelyk het. Hy het 'n lang bo-kleed gedra, en om sy bors was daar 'n goue belt.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tussen hierdie kandelare het ek Iemand sien staan. Dit het vir my gelyk soos die Seun, die Een wat van God af sou kom om finaal te kom sê wat God oor die mense besluit het. Hy het pragtige klere aangehad, soos dié wat belangrike mense dra. Soos die heel belangrikste priester van ouds het hy goud om sy bors gedra. Dit het gewys hoe belangrik Hy regtig is.