Revelation 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy voete soos fyn koper, asof hulle in 'n oond brand; en sy stem soos die geluid van baie waters.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy voete was soos gepoleerde koper wat in ’n smeltoond gloei en sy stem soos die geluid van baie waterstrome.
Afrikaans 1933/1953
en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
Afrikaans 1983
Sy voete was soos geelkoper wat in 'n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van 'n groot watermassa.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy voete was net soos gloeiende koper in 'n rooiwarm oond, en sy stem soos die gedruis van baie waterstrome.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy voete was soos blink koper wat in 'n oond gesmelt het. Sy stem was soos wanneer baie water raas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy voete was soos warm geelkoper wat net uit die oond gekom het. Waar daardie voete trap, bly niks oor nie! Wanneer Hy praat, is dit oorverdowend, soos baie harde reën op ’n sinkdak. Mense se stem verdof eenvoudig.