Revelation 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat getuig het van die woord van God en van die getuienis van Jesus Christus en van alles wat hy gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011
Johannes het getuienis gelewer van alles wat hy gesien het: wat God gesê het en wat Jesus getuig het.
Afrikaans 1933/1953
wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.
Afrikaans 1983
Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is hy wat getuig van die woord van God, en die getuienis deur Jesus Christus – alles wat hy gesien het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het alles neergeskryf wat God en Jesus Christus vir hom gesê en gewys het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hier volg nou Johannes se presiese weergawe van daardie boodskap van God. Jesus Christus self staan in vir die waarheid daarvan. Johannes het alles wat hy deur visioene gesien het, mooi neergeskryf.