Revelation 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geseënd is hy wat die woorde van hierdie profesie lees en die wat die woorde van hierdie profesie hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Afrikaans (NLV) 2011
Geseënd is dié een wat die woorde van dié profesie lees, asook dié wat dit hoor en gehoorsaam wat daarin geskryf staan, want die tyd van beslissing is naby.
Afrikaans 1933/1953
Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Afrikaans 1983
Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gelukkig is die een wat dit voorlees, en ook hulle wat die woorde van dié profesie hoor, en vashou aan dit wat daarin geskryf staan, want die bestemde tyd is naby.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In hierdie boek is die dinge geskryf wat later sal gebeur. Elkeen wat hierdie boek lees, is 'n gelukkige mens! En almal wat die dinge hoor en wat doen wat in hierdie boek geskryf is, is gelukkige mense! Want die tyd wanneer Christus weer kom, is naby!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom is elkeen wat hierdie boodskap van God lees, baie gelukkig. Ja, gelukkig is almal wat hierdie goddelike woorde hoor en dit ernstig opneem, want daar is nie meer baie tyd oor nie.