Revelation 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Johannes aan die sewe gemeentes wat in Asië is: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom; en van die sewe Geeste wat voor sy troon is;
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie brief kom van Johannes en is gerig aan die sewe gemeentes wat in die provinsie Asië geleë is. Genade en vrede aan julle, van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is;
Afrikaans 1933/1953
Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,
Afrikaans 1983
Van Johannes. Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Johannes, aan die sewe •gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, Johannes, skryf hierdie brief vir die sewe gemeentes in Asië. Ek groet julle en ek bid dat God en die Sewe Geeste wat voor sy troon is en Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee. God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek, Johannes, skryf aan die sewe gemeentes in Asië (daar in Wes-Turkye). Ek groet julle met die wens dat God vir julle alles sal gee wat julle nodig het, of julle dit verdien of nie. Mag julle lewe van God se vrede oorloop. Dit is die God wat nou by ons is, wat nog altyd daar was en ook in die toekoms saam met ons sal wees. Die goeie wense kom ook van die Heilige Gees af wat sorg dat alles gedoen word wat God as Heerser wil hê.