Revelation 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En van Jesus Christus, wat die getroue getuie is en die Eersgeborene uit die dode en die owerste van die konings van die aarde. Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy eie bloed,
Afrikaans (NLV) 2011
en van Jesus Christus, die betroubare getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het en wat heers oor die konings van die aarde. Aan Hom wat ons liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het,
Afrikaans 1933/1953
en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
Afrikaans 1983
en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en van Jesus •Christus, die betroubare getuie, die •Eersgeborene uit die dood en die heerser oor die konings van die aarde. Aan Hom wat ons liefhet, en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En Jesus Christus is die Getuie, Hy doen altyd wat Hy sê, Hy is die Eerste Een wat dood was en wat weer lewe, Hy regeer oor die konings van die aarde. Jesus Christus is lief vir ons. Hy het gesterf en Hy het ons gered van ons sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En dan kom dit ook van Jesus Christus af. ’n Mens kan Hom volledig vertrou. Dit is Hy wat alles vir ons kom vertel het. Wat Hy sê, is natuurlik waar. Hy het die leiding geneem deur eerste uit die dood op te staan. Boonop staan al die magtigste regeerders in hierdie wêreld onder sy mag en beheer. Hy het ons so lief dat Hy deur sy eie lewe te gee, dit reggekry het dat God nie meer ons ongehoorsaamheid en ons foute teen ons hou nie.