Revelation 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy het ons konings en priesters vir God en sy Vader gemaak; aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011
en ons laat deel in sy koninklike regering, aan Hom wat ons priesters vir God, sy Vader gemaak het, aan Hom behoort die heerlikheid en die krag vir ewig en altyd. Amen.
Afrikaans 1933/1953
en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
Afrikaans 1983
en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat ons 'n koninkryk gemaak het, priesters vir God, sy Vader – aan Hom kom die heerlikheid en die sterkte toe, vir ewig en ewig. •Amen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê God, sy Vader, regeer oor ons, ons is soos die priesters wat vir God werk. Daarom sal ons altyd vir Jesus Christus prys, Hy wat oor alles regeer! Amen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het ons deel gemaak van die mense van God, die magtigste Heerser. Nou kan ons God, wat sy Vader is, met oorgawe dien, soos priesters. Aan Jesus behoort die grootheid en krag vir ewig en altyd! Dit is vir seker.