Revelation 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, Hy kom met wolke; en elke oog sal hom sien, en ook die wat hom deursteek het, en al die geslagte van die aarde sal oor hom huil. Desondanks, Amen.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen!
Afrikaans 1933/1953
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Afrikaans 1983
Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, selfs hulle wat Hom deurboor het; en al die volke op die aarde sal oor Hom rou. Ja, amen!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Kyk, Jesus Christus sal weer kom op die wolke, al die mense sal Hom sien, ook die mense wat Hom gesteek het met 'n spies. Al die volke op die aarde sal huil en treur wanneer Hy kom. Dit is seker. Amen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Kyk mooi, Jesus sal op die wolke kom. Elke mens op hierdie aarde sal Hom sien. Die mense wat Hom destyds doodgemaak het, sal Hom sien. Ja, daar sal nie ’n mens op aarde wees wat nie dan van spyt in trane sal uitbars omdat hulle Hom nie gedien het toe hulle nog kon nie!” Ja-nee, so sal dit wees!