Revelation 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is Alfa en Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Ek is die Alfa en die Om,ga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Afrikaans 1983
“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,” sê die Here God, die Almagtige.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God sê: “Ek is die Alfa en die Omega.” Ja, God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom. Hy is die Almagtige!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek is die Een by wie alles begin en waar alles ook eindig. Ek is tegelyk soos die A en die Z van die alfabet,” sê die Here God. Hy is nou by ons soos Hy in die verlede by ons was. Hy stap ook saam met ons die toekoms tegemoet. Niemand of niks kan naastenby vir Hom kers vashou nie, want Hy het mag en gesag oor alles.