Revelation 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal haar kinders met die dood doodmaak; en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek; en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens jou werke.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal haar kinders doodmaak en al die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien.
Afrikaans 1933/1953
En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
Afrikaans 1983
Haar volgelinge sal Ek deur 'n pessiekte om die lewe bring. Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Ek sal elkeen van julle straf volgens julle doen en late.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En haar kinders sal Ek met die dood tref. Laat al die gemeentes daarvan kennis neem dat dit Ek is wat niere en harte deurgrond. Ek sal elkeen van julle beloon volgens julle dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal almal laat sterf wat doen wat sy sê. Dan sal al die gemeentes weet dat Ek sien wat mense dink en wat hulle wil doen. Ek oordeel elke mens oor wat hy gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
***