Revelation 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy het gedra en lankmoedigheid gehad en ter wille van my Naam gearbei en nie beswyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Verder volhard jy en het jy ter wille van My baie verdra sonder om moeg te word.
Afrikaans 1933/1953
en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
Afrikaans 1983
Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verder hou jy aan om te volhard, en het jy ter wille van my Naam baie verduur, sonder om moeg te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy hou aan om die Here te dien, jy kry swaar omdat jy aan My behoort, maar jy word nie moeg om swaar te kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sien hoe julle vasbyt wanneer dit swaar gaan. Julle hou maar net aan en aan, omdat julle dit graag vir My wil doen. Julle word nie moeg daarvan nie.