Revelation 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek ken jou werke en verdrukking en armoede, maar jy is ryk, en ek ken die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar die sinagoge van die Satan is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek ken jou swaarkry en jou armoede, maar tog is jy ryk. Ek weet ook van die leuentaal van dié wat sê dat hulle Jode is en dit nie regtig is nie, maar eintlik deel is van die sinagoge van Satan.
Afrikaans 1933/1953
Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan.
Afrikaans 1983
Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘Ek ken jou verdrukking en jou armoede, maar tog is jy ryk. Ek weet ook van die lastering deur diegene wat beweer dat hulle Jode is, en dit nie regtig is nie, maar 'n sinagoge van Satan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek weet jy kry swaar en jy is arm, jy het min geld. Maar Ek sê jy is ryk, want jy behoort aan My. Ek weet die Jode praat sleg van jou, maar hulle is nie regtig Jode nie, hulle kom bymekaar in 'n sinagoge, maar dit is die sinagoge van die Satan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek weet hoe swaar julle kry. Ek sien hoe arm julle is. Onthou, julle is wel nie ryk hier op aarde nie, maar op ’n ander manier is julle ryk. Ek hoor hoe sleg daardie Jode julle maak. Hulle sleep julle naam deur die modder. Maar moenie te sleg voel daaroor nie. In God se oë is hulle nie meer sy mense nie. Hulle kom bymekaar in die huis van Satan.