Revelation 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy die tweede seël oopgemaak het, het ek die tweede dier hoor sê: Kom kyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die Lam die tweede seël oopgebreek het, het ek die tweede lewende wese hoor sê: “Kom!”
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Afrikaans 1983
Toe Hy die tweede seël oopmaak, het ek die tweede lewende wese hoor sê: “Gaan uit!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy die tweede seël oopbreek, het ek die tweede lewende wese hoor sê: “Kom!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die Lam die tweede seël breek, het ek gehoor die tweede dier skree: “Jy moet kom!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Lam het toe die tweede seël gebreek. Ek het gehoor hoe die tweede lewende wese sê: “Kom!”