Revelation 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Verlossing aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam.
Afrikaans (NLV) 2011
Met ’n kragtige stem het hulle uitgeroep: “Ons verlossing is te danke aan God wat op die troon sit en aan die Lam!”
Afrikaans 1933/1953
en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
Afrikaans 1983
Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het met 'n harde stem uitgeroep: “Die verlossing behoort aan ons God, wat op die troon sit, en aan die Lam!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het hard geskree en gesê: “Ons God sit op die troon, Hy en die Lam het oorwin!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het ook hard geskree sodat almal kon hoor: “Wil jy weet wie jou uit jou sonde kan red? Dit is ons God wat oor alles heers en die Lam wat dit kan doen!”