Romans 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek vra, as ek nou enigsins 'n voorspoedige reis mag hê deur die wil van God om na julle te kom.
Afrikaans (NLV) 2011
Elke keer smeek ek dat God, as dit sy wil is, tog nou uiteindelik vir my die pad sal oopmaak om by julle uit te kom.
Afrikaans 1933/1953
en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik 'n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;
Afrikaans 1983
Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en altyd in my gebede smeek dat die pad nou uiteindelik vir my oopgemaak sal word, as dit die wil van God is, om na julle te kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke maal wanneer ek bid, dan vra ek weer vir God of Hy my sal toelaat om na julle toe te kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke keer as ek bid, vra ek Hom of Hy tog nie ’n plan kan maak sodat ek binnekort na julle toe kan kom nie.