Romans 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek verlang om julle te sien, dat ek aan julle een of ander geestelike gawe kan meedeel, sodat julle gevestig kan word;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek begeer met my hele hart om julle te besoek. Ek wil vir julle ’n geestelike seëning bring om julle in julle geloof te versterk.
Afrikaans 1933/1953
want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;
Afrikaans 1983
Ek sien baie daarna uit om julle te besoek, want ek wil 'n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want ek begeer om julle te sien, sodat ek die een of ander geestelike gawe met julle kan deel om julle te versterk –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil graag na julle toe kom. Ek wil vir julle 'n genadegawe van die Heilige Gees kom gee sodat julle geloof sterker kan word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil julle baie graag persoonlik ontmoet. Ek het die wonderlikste geestelike geskenke uit God se hand ontvang waarin ek julle wil laat deel. Dit sal julle geloof sterker maak.